Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 18 of 18 matches in All Departments
Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit? Die roman is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns. ’n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na ’n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Wanneer Harry Grimbeek asemskep tussen sy gevaarlike omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers, wat sy deel met ’n erfstuk van groot sentimentele waarde: Jong vrou en boek, geskilder in die veertienhonderds deur die Vlaamse meester Petrus Christus. Teen die tyd dat Harry in OosAfrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos gespekuleer word? En wat het van haar kosbare skildery geword wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se penthouse instap, kry Harry die reuk van ’n groot gekonkel. En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle! Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se oeuvre. ’n Vermeende moord, ’n vermeende ontvoering . . .
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom. Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk. 'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas. 'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimikorpus
Dié nuwe spanningsroman delf diep in Ella se verlede. Elf jaar gelede is haar pa amper noodlottig gewond, en die skuldige, Arthur Wilky, word nou weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Hoekom kan Ella se speurderkollegas nie die verbintenisse raaksien nie? Selfs kolonel Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . .
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.
Die derde boek in die Abel-trilogie. Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ’n joernalis op sy spoor was, nadat ’n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ’n meesterbrein van Al-Kaïda gevind is.
“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
|
You may like...
|